Hip MDDK-dansers hop

Tydens die Solo Latina Danca se kwalifiserende kompetisie in Nelspruit op Saterdag, 3 Junie, het Plasiedansers Ulrich Greeff, John Slabber, Nicole Muller, Handy Mosila, Marne Barnard, Jeandré Joubert en Crystal Kirstein hul passies ten toon gestel.

Jeandré Joubert stap weg met ‘n silwermedalje in die NRG-kategorie en word bekroon as die algehele wenner in Bangra en Energy. Hy verdien ook ‘n bronsmedalje in die Hip-Hop ope-afdeling vir o.16’s.

Handy Mosila ontvang ‘n goue medalje in die Hip-Hop ope-afdeling vir o.16-dansers.

Ulrich Greeff dans twee bronsmedaljes (Energy en Classics) los en verwerf ‘n goud in die o.18 Hip-Hop ope-afdeling.

Hoërskool Merensky bedank danstutor Bonita Jacobs vir haar inspirerende afrigting en ondersteuning.

[supsystic-gallery id=65 position=center]