Hokkiedogters gee alles

DIE O.16-SPAN Voor: Lisa MaGuire, Jamie van der Merwe (kaptein), Zoë Kader, Meghan MacNicol, Micaela Dale en Danielle Pohl. Agter: Ruette Schoeman, Megan Meyer, Jenelle de Jonge, Reinette Jacobs, Liza-Ri Snyman (onderkaptein), Elri Verster (afrigter), Mmarena Mamiane, Nina Grové en Nicky Smith.

FOTO:
DIE O.16-SPAN
Voor: Lisa MaGuire, Jamie van der Merwe (kaptein), Zoë Kader, Meghan MacNicol, Micaela Dale en Danielle Pohl.
Agter: Ruette Schoeman, Megan Meyer, Jenelle de Jonge, Reinette Jacobs, Liza-Ri Snyman (onderkaptein), Elri Verster (afrigter), Mmarena Mamiane, Nina Grové en Nicky Smith.


Hoërskool Merensky se o.16 dogtershokkiespan het weer op 13 Junie tydens ‘n provinsiale uitspeelwedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter kragte gemeet.

Die 0-0 telling aan die einde van die toegelate tyd is ‘n bewys dat nie een span bes wou gee nie. ‘n Riller 8-sekonde stryd het tot gevolg gehad dat die Plasies met ‘n 2-3 telling die knie moes buig. Speler van die wedstryd was Mmarena Mamiane.

As in ag geneem word dat hierdie span vroeër vanjaar druipstert 0-7 teen Piet Pot verloor het, is hierdie merkwaardige vertoning ‘n bewys van harde werk en volgehoue groei deur die seisoen.