Internasionale blootstelling vir Plasie-hokkie

Princess Dutch Hockey Clinic

FOTO:
Voor: Dezi de Jager, Sujana Olivier, Zané Phillips, Aliza Engelbrecht, Cha-Lize Bekker, Lané Kasselman & Lelanie Pieterse.
Middel: Tahila van Rensburg, Renate Botha, me. Lindi Britz, Hope Muvhango, Palesa Sambo, Jané Naude, Suzaan Schutte, me. Marisa Schnettler, me. Anneke Le Roux & me. Elri Verster.
Agter: Me. Marlise Kasselman, Verliza Fox, Jamie Robertson, Cha-Marie Bekker, Danielle Kasselman, Charlize Meyer, Chantelle Meyer, mnr. Mike Gildenhuys (kliniek afrigter), Luné Fritz, Kita Coppen, Leoné Slabbert, mnr. Ambrose op het Veld (kliniek afrigter), Bercha Venter, mnr. Louis Fourie & Danya Fernandes.


Die “Sportways Princess Dutch Hockey Clinic” is op 12 en 13 Januarie by Hoërskool Pietersburg gehou en aangebied deur ‘n afrigtingspan van Nederland.

7 opgewonde afrigters en 24 gretige spelers van Hoërskool Merensky het hierdie unieke geleentheid bygewoon.

Oor die 2 dae periode is vaardighede geslyp en waardevolle ondervinding opgedoen.

Plasieland is buitengewoon trots op Lané Kasselman wat as die waardevolste junior speler geïdentifiseer is.