Janke wen Munnik Meerkat

Voor: Janke Joubert, Annalene Rood, Nicolene Ras, Jodi Spaumer & Marize Smit. Agter: Rainier van Rooyen, Armand Cronjé, Dewald Kampman, Salmo Helberg & Henri Benadie.

FOTO:
VAN DIE FIETSRYERS WAT DEELGENEEM HET
Voor: Janke Joubert, Annalene Rood, Nicolene Ras, Jodi Spaumer & Marize Smit.
Agter: Rainier van Rooyen, Armand Cronjé, Dewald Kampman, Salmo Helberg & Henri Benadie.


Hoërskool Merensky se bergfietsryers het die speke laat sing tydens die gedugte 35km Munnik Meerkat Bergfietsren.

In die Meisies “Youth”-afdeling het Janke Joubert ‘n welverdiende eersteplek behaal, met Annelene Rood tweede en Marize Smit sesde.

Sub Junior Meisies, Jessica Taylor en Taylor Stanley, neem onderskeidelik die sesde- en sewendeplekke in.

Junior Meisies, Jodi Spaumer en Nicolene Ras, het in die agtste- en negendeplekke geeindig.

In die Seuns “Youth”-afdeling het Dewald Kampman (5de), Henri Benadie (11de), Salmo Helberg (12de), Trevor de Beer (13de), Hannes van der Merwe (16de) en Marnus Van Helsdingen (18de) deelgeneem.

Armand Cronjé het in die Junior Seuns-afdeling ‘n vyfdeplek losgetrap, met Matthew Taylor in die 12de en Rainier van Rooyen in die 16de plek.