Jehan kan uithou en aanhou

Jehan Goosen

Jehan Goosen, perderuiter van Hoërskool Merensky het op 12 September deelgeneem aan die Letaba uithourit op Munnik.

In hierdie strawwe kompetisie wen hy die 14-17 jaar junior afdeling. Hy word ook bekroon as die junior Limpopo Kampioen en verwerf hiermee sy Limpopo kleure. Sy perd Flika wen die beste kondisie toekenning oor 81km in ‘n tyd van 3 ure, 41 minute.