Jong Maestro begeester gehoor

Janco Blignaut en Lies Colman

Plasieland se eie maestro, Janko Blignaut, het op Sondag, 3 Maart, die gehoor in die skoolsaal aan sy voete gehad toe hy saam met Lies Colman, ‘n bekende pianis van België, opgetree het. Werke van Rachmaninoff, Beethoven, Mozart, Mendelssohn, Chopin en Bach is uitgevoer.

Hierdie uitvoering was ‘n projek van die Stichting Robus Foundation.