
Die Merensky Boogskietspan het die naweek van 10 en 11 September by Monateng Safari Lodge in Wallmansthal naby Pretoria aan die derde been van die ABO Triple Crown deelgeneem.
Die byeenkoms was die laaste voor die nasionale kampioenskappe in November.
Die Plasiespanne het weereens hul vasberadenheid getoon deur 2de en 3de plekke op te raap.
Individueel het Ryan Jackson en mnr. Ockert le Roux (afrigter) goud verdien, terwyl André van der Merwe en Benéche Jackson brons ontvang het.
Plasie, Lin-Marie Theron, het op eie stoom terselfdertyd aan die Ngaka Modiri 3D-kampioenskappe te Broederstroom deelgeneem en goud verower.