Kegelskuts skiet raak by Limpopo kampioenskap

Juanet Venter en Jahdin Fleischmann

FOTO’S:
Links: Juanet Venter – Shotgun Manual Action
Regs: Jahdin Fleischmann – Stock Revolver


Drie brawe skuts van Hoërskool Merensky het oor die naweek van 17-19 Augustus aan die Limpopo Provinsiale Kegelskietkampioenskap in Polokwane deelgeneem.

Juanet Venter (graad 11) is, met haar vyf 2de plekke in die damesafdeling, gekies vir die Limpopo damespan. Sy het ook die vinnigste tyd (11,46 sekondes) in die Shotgun Manual Action dissipline behaal. Sy was algeheel vierde.

Alwiné Fleischmann (graad 10) is ook opgeneem in die Limpopo damespan. Sy het drie 2de plekke en twee 3de plekke behaal en is algeheel tweede.

Jahdin Fleishmann (graad 9) is vir die Limpopo B-span, Ope Afdeling (alle ouderdomme) gekies. Hy het ‘n allemintige nege 1ste plekke, drie 2de plekke en twee 3de plekke losgeskiet en eindig algeheel eerste.