Keynan haal finaal

Keynan Fox

Keynan Fox, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Merensky, het die uitsonderlike prestasie behaal om Limpopo te verteenwoordig by die nasionale finaal van die ATKV-redenaarskompetisie wat op 16 en 17 Augustus 2018 by ATKV-Buffelspoort gehou word.

Vir Keynan is hierdie geen onbekende terrein nie, aangesien hy in 2015 eerste in die land geeïndig het.

Plasieland vertrou dat hy met sy toespraak, Werk is die nuwe statussimbool, weer sy vorige prestasie kan ewenaar.

Noemenswaardig is dat 13 leerders van Hoërskool Merensky deurgedring het na die semi-finaal, waarna 8 onder die top 10 in Limpopo in hul onderskeie kategorieë geeïndig het.