Kleurskouspel teen kanker

Piet Pohl

FOTO:
Piet Pohl (graad 8) geniet elke oomblik.


CANSA het jaarliks ‘n “Sprayathon” by Hoërskool Merensky om geld in te samel vir kankerpasiënte in die Tzaneen-omgewing.

Hierdie jaar se vrolike fondsinsameling is baie goed deur die Plasies ondersteun op Vrydag, 15 Februarie. Die vrywilligers moes hul spuit ken om die lang toue voor die einde van pouse deur te draf.