Kollig op Plasie-akademie

Juan-Jacques Moller

Op 7 Februarie het Hoërskool Merensky hul 2018 akademiese presteerders vereer.

Violis Jan-Carel van Niekerk, vergesel van mev. Ingrid Linde, het die Einsteins bederf met ‘n onvergeetlike vertoning.

Janco Blignaut het twee trofeë ontvang vir die beste prestasies in IT, Wetenskap en Wiskunde, gebaseer op sy graad 11 punte.

Agri-Merensky het Emma Dalrymple-Hay, nou graad 10, beloon met die Junior Agri-trofee. Stefan Corbett, nou graad 12, het die Senior Agri-trofee hoog gehou.

Eretoekennings is in elke graad aan die top-leerders oorhandig:
Vir graad 8 van 2018 het Ilanie de Bruyn goud (92,4%), Janke Joubert-silwer (92,3%) en Nyasha Patel-brons (91%) ontvang.

Vir graad 9 van 2018 is aan Emma Dalrymple-Hay goud (95,3%), Khanyisile Nkuna-silwer (91,5%) en Mariesa Schutte-brons (91%) toegeken.

Vir graad 10 van 2018 het Michaela Stanley goud (91%), Dominique Blandin de Chalain silwer (90%) en Nichola Glazer brons (86,8%) ontvang.

Vir graad 11 van 2018 het Juan-Jacques Moller die leiding geneem met goud (87,1%), Janco Blignaut het gevolg met silwer (86,1%) en Anize Basson het brons (85,6%) ontvang.