Kookwater atletiek by Rob Ferreira

Hoërskool Merensky het op Vrydag, 29 Januarie aan die LJ Prokureurs atletiekbyeenkoms te Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier deelgeneem. Hoërskole Middelburg, Ben Viljoen, Bergvlam, Penryn, Sybrand van Niekerk, Uplands en Curro Nelspruit het mekaar die stryd aangesê.

Die Plasies het agt rekords tydens die byeenkoms gebreek: Lilly Pohl (spiesgooi, dogters o.17, 36.72m), Noko Malatji (110m hekkies, seuns o.17, 15,09s en 100m, 11.20s), Shibu Ramango (hoogspring, dogters o.17, 1.5m), Christelle Coetzer (1500m, dogters o.15, 5:00:01 en 800m, 2:23:17), die o.17 seuns-aflosspan en die o.19 dogters-aflosspan.

Plasie-sterre wie individuele trofees opgeraap het is Christelle Coetzer wat as Junior Victrix Ludorum, en Quiniso Madzhiga wat as Senior Victor Ludorum bekroon is.

Die volgende geleentheid vir Merensky-atlete is die byeenkoms op Vrydag, 5 Februarie te Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal.