Koshuisbrakke baljaar by eindjaarfunksie

Voor: Charlize Meyer en Jamie Robertson. Agter: Gerhardt van Staden, SJ de Lange, Ikne Stucki en Suandrie Corbett.

FOTO:
Voor: Charlize Meyer en Jamie Robertson.
Agter: Gerhardt van Staden, SJ de Lange, Ikne Stucki en Suandrie Corbett.


Hoërskool Merensky se koshuisbrakke het op Donderdag, 12 Oktober, behoorlik baljaar tydens hul jaarafsluiting. ‘n Heerlike somersdag het gesorg vir groot pret en plesier.

Die graad 10-leerlinge het die partytjie by die Plasie-swembad gereël en moeite gedoen met “slush puppy” koeldranke en ander lekkernye tussen aandete deur.

Tydens die geleentheid is die koshuis Skiewies van die Jaar aangewys: Mariesa Schutte en Ruan van Rooyen het met dié klop-op-die-skouer titel weggestap.

Die Plasies weet hoe om fees te vier en het weer in goeie gees hul borrelende jonkwees by hierdie funksie ten toon gestel.

[supsystic-gallery id=136 position=center]