Kreatiewe Plasies konkel

Interhoër dirigente: Belinda Nzadi, Clariska Venter, Riëtte Warmenhoven en Chris Bill.

Hoërskool Merensky se Interhoër dirigente en onderwysers is op Vrydag, 27 Januarie deur Spur Tzaneen getrakteer.

Met kieste vol hamburgers en melkskommels het die kreatiewe span koppe bymekaar gesit en planne gesmee om die 2017 geesbeker huis toe te bring.

Belinda Nzadi, Chris Bill, Riëtte Warmenhoven en Clariska Venter neem hierdie jaar die voortou as dit kom by Plasiegeesvang en malligheid op die pawiljoen. Die tema is tot dusver ‘n goed bewaarde geheim, maar te oordeel aan verlede jaar se kleurvolle extravaganza kan toeskouers in 2017 net groter en beter verwag.

Merensky sien uit na die Interhoër byeenkoms op 24 Februarie by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane.

FOTO
Belinda Nzadi, Clariska Venter, Riëtte Warmenhoven en Chris Bill.