MDDK

‘n Unieke kunsskool-binne-die-skool

Hoërskool Merensky se unieke MDDK (Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool) funksioneer onder die beheerliggaam.

Hoogs gekwalifiseerde buite-afrigters bied geleentheid aan leerders om hul volle potensiaal te ontwikkel en hul talente te ontgin met 26 klasse per jaar.

Afhangende van die leerder se rooster, word sommige klasse tydens skoolure aangebied en ander na skool.

TUTORS

Buite-kurrikulêre eksamens wat afgelê kan word:

UNISA
ALMSA
ROYAL SCHOOL OF MUSIC
TRINITY COLLEGE
RAD
IADT
ROCKSCHOOLS KLAVIER


MDDK Nuus

MDDK-talent skitter

Gepubliseer op
FOTO: Zayana Moosa, Ntsakisi Shingange en Amelia Booth maak gereed vir hul optrede. Op Woensdag, 10 Mei, het die MDDK, Hoërskool Merensky se unieke kunsteskool, die eerste “Thrilling”-geleentheid van 2018 in die skoolsaal aangebied.  ‘n Groot aantal akteurs, sangers, musikante en dansers het die gehoor vermaak met hul talent. Soos gebruiklik, het die aand ook gesorg vir ‘n aantal eerstes: die fotografieklas het ‘n uitstalling gehad van interessante foto’s, terwyl die kunsstudente elkeen ‘n potloodskets van ‘n wilde dier vertoon het. Die kraakvars-klankspan was ene ywer en het Murphy sleg op sy neus laat kyk. Allerlei kunstenaars het die planke behoorlik laat praat met goed afgeronde en aanskoulike items. Dit…
Kategorieë: Kultuur, MDDK

Nothing dampens Plasie culture

Gepubliseer op
PHOTO: Jaco van Staden on the guitar. When it rains on your parade, move to another venue! This was true of the ever popular Wowee Wednesdays, hosted twice a term by the culture prefects at Merensky High School. Since the completion of the Bee Hive, this talent showcase found the perfect spot during breaks. However, the abundant rains interfered with the school diary. So, on Thursday 22 February, the bright sparks simply moved their “parade” to the school hall. Singers, dancers and musicians entertained the crowd in true Plasie style.  Well known performers like Jordin Young, Jaco van Staden and Crystal Kirstein were joined by exciting newcomer, Verliza Fox, who…
Kategorieë: Kultuur, MDDK

Nuwe kitaar “Snaar” by Merensky

Gepubliseer op
FOTO: Derius Erasmus Hoërskool Merensky se Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool (die MDDK) is opgewonde om mnr. Derius Erasmus as nuwe kitaartutor te verwelkom. Erasmus is ‘n oudPlasie wat op 17-jarige ouderdom sy kitaartande by Merensky se musiekskool, wat later jare herdoop is tot die MDDK, gesny het. Behalwe vir sy argitektuuragtergrond is Erasmus ook ‘n kranige fotograaf. Sy musiekvideos, animasies en grafiese werk word hoog aangeslaan. Die musiekgogga - meer spesifiek die rock-genre - het hom tydens sy studentejare behoorlik gebyt. In 2004 het hy by sy eerste orkes, D-Day 4 Ever, aangesluit. DD4E het twee albums opgeneem, in 2006 by Oppikoppi opgetree en ook later by Woodstock 7…
Kategorieë: Kultuur, MDDK
1 2 3 10