MDDK

‘n Unieke kunsskool-binne-die-skool

Hoërskool Merensky se unieke MDDK (Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool) funksioneer onder die beheerliggaam.

Hoogs gekwalifiseerde buite-afrigters bied geleentheid aan leerders om hul volle potensiaal te ontwikkel en hul talente te ontgin met 26 klasse per jaar.

Afhangende van die leerder se rooster, word sommige klasse tydens skoolure aangebied en ander na skool.

TUTORS

Buite-kurrikulêre eksamens wat afgelê kan word:

UNISA
ALMSA
ROYAL SCHOOL OF MUSIC
TRINITY COLLEGE
RAD
IADT
ROCKSCHOOLS KLAVIER


MDDK Nuus

An exciting first for the MDDA

Gepubliseer op
PHOTO: Anriette van Rooyen (tutor) and Jordin Young. Merensky High School’s MDDA claimed another first when the drama school entered their first student in a Trinity College drama exam. Trinity College London is a leading international exam board and independent education charity that has been providing assessments in the performing arts around the world since 1877. Jordin Young (grade 11) did exceptionally well in her grade 6 drama and speech exam, achieving a 91% average. For the examination Jordin had to prepare a monologue from a play, a dramatised prose and a narrative poem. There was also an unprepared section consisting of sight reading and an interview with the examiner…
Kategorieë: Kultuur, MDDK

MDDK dans internasionaal

Gepubliseer op
FOTO Crystal Kirstein, Luzaan Spies, Nicole Muller, Marna Barnard en Handy Masila. Afwesig: Jeandré Joubert. Na hul optrede by die Tzaneen Skou, het Hoërskool Merensky se Latin, NRG en Classics-dansers glad nie laat slaplê nie. Die dansstudio’s op Plasieland het weerklink soos hulle geoefen het vir die Solo Danca Polokwane kompetisie op 26 Augustus. Nog was dit het einde niet, want op 2 September het die span meegeding in die Dance Fusion South Africa kompetisie te Letsitele. Na afloop van die twee kompetisies was die danstutor, me. Bonita Lourens, erg in haar noppies met die dansers se prestasies. In die Hip-Hop solo kategorie wemel dit van goue medaljes. Ulrich Greeff…
Kategorieë: Kultuur, MDDK

Plasie-kunstenaars betower

Gepubliseer op
Hoërskool Merensky se MDDK (musiek-, dans-, drama- en kunsskool) het die tweede kwartaal op luisterryke wyse afgesluit met ‘n Thrilling Wednesday in die skoolsaal. Twee maal per jaar kry Plasie-kunstenaars die geleentheid om voor ‘n gehoor op te tree en só hul voortgesette vordering ten toon te stel. Woensdag, 28 Junie het aan alle verwagtinge voldoen met ‘n puik program, bestaande uit ‘n verskeidenheid items wat strek van voordrag tot sang, dans en musiek. Die gehoor het heerlik meegeleef en die kunstenaars aangespoor om hul beste te gee. Vir die eerste keer het die kunsleerlinge ook ‘n uitstalling van sketse en beeldhouwerk aangebied. Hierdie skool-binne-die-skool gaan van krag tot krag…
Kategorieë: Kultuur, MDDK