Skoolkultuur

Skoolkultuur

Hoërskool Merensky dra met trots die 2014 SAOU toekenning:

“Skool met die beste bevordering van kultuur”

Op plasieland loop sport en kultuur hand-aan-hand en bult spiertiere sonder skroom ook hul kultuurspiere.

PRODUKSIES

Al om die tweede jaar word ‘n groot produksie aangebied waarby soveel as moontlik leerlinge betrek word. Verskeie bekende en selfs nuutgeskrewe musiekblyspele het al die lig gesien.

INDIVIDUELE- EN SPANREDENAARS

Jaarlikse deelname aan die ATKV- sowel as die Radikale Redenaarskompetisies.
In 2016 en 2017 was Hoërskool Merensky verteenwoordig by die ATKV-finaal.
Op Radikale Redenaarfront het die Plasies ook in 2016 en 2017 deelgeneem aan die landwye finaal.

Jaarlikse deelname aan die Veritas Spanredenaarkompetisie te PHS. Ses spanne neem in 2017 deel aan die Radikale Redenaarspankompetisie en dring die graad 12 span deur na die finaal.

DEBAT

Deelname aan die ATKV-Debatkompetisie word aangemoedig.
In 2018 neem die Plasies vir die eerste maal deel aan die Afriforum Dink-of-Sink debat.

POP-UPS

‘n Jaarlikse talentkompetisie op Plasieland.
Talentvolles kan in verskeie kategorieë (Dans, Instrumentaal, Vokaal, Drama) oudisies aflê, waarna die bestes tydens ‘n gala-aand meeding om groot pryse.

WOWEE WOENSDAE

Twee maal per kwartaal het leerlinge die kans om tydens pouse in Die Byekorf hul talente op informele wyse met die skool te deel.

TONEEL

Plasieland het ‘n sterk toneeltradisie. Sedert die eerste toneelstuk, ‘n Soen val uit die hemel in 19..., het verskeie oorspronklike eenbedrywe sowel as vollengte stukke al die lig gesien. Deelname aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie word ook aangemoedig.

EISTEDDFOD

Die Tzaneen Eisteddfod word jaarliks op Plasieland aangebied. Leerlinge presteer puik in die verskeie afdelings soos Musiek, Vokaal, Instrumentaal, Kuns, Dans en Afrikaans en English Drama.


Kultuur Nuus

MDDK-talent skitter

Gepubliseer op
FOTO: Zayana Moosa, Ntsakisi Shingange en Amelia Booth maak gereed vir hul optrede. Op Woensdag, 10 Mei, het die MDDK, Hoërskool Merensky se unieke kunsteskool, die eerste “Thrilling”-geleentheid van 2018 in die skoolsaal aangebied.  ‘n Groot aantal akteurs, sangers, musikante en dansers het die gehoor vermaak met hul talent. Soos gebruiklik, het die aand ook…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Former Plasie aims for Miss SA

Gepubliseer op
Amongst the 2018 aspiring Top 12 Miss South Africa finalists is a name that makes Merensky High School proud. It can be said that Akile Khoza, class of 2012, started her claim to fame when she was crowned 1st Princess during the 2011 Mr and Miss Merensky pageant. She was also known as a keen…
Kategorie(e): Akademie, Koshuis, Kultuur, Leiers, Nuus, Sosiaal, Sport

Frikkie Deysel se dag

Gepubliseer op
FOTO: Frikkie Deysel, Ryan Jackson, Bulletjie, Kesia Pohl en Ruëtte Schoeman. Hoërskool Merensky se jaarlikse Frikkie Deysel-piekniek het op Woensdag, 25 April 2018, gedurende pouse plaasgevind. Die tema van die dag was “Trotse Suid-Afrikaners”. Leerders het kleurvol volgens hulle kultuur aangetrek. Leerders het piekniekmandjies saamgebring en die graad 12’s het heerlik gekuier om braaivleisvure. Onderwysers…
Kategorie(e): Kultuur, Sosiaal

Hierdie Plasie kán skryf

Gepubliseer op
FOTO: Imcke van Vuuren. Imcke van Vuuren (graad 12) van Hoërskool Merensky is pas aangewys as nasionale wenner in die prosa-afdeling van die POORT-Skryfkompetisie vir hoërskoolleerders in Suid-Afrika en Namibië, met haar skryfstuk: Blou. Die POORT-Skryfkompetisie is ‘n projek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, wat ten doel het om skeppende skryftalent in…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur

Plasiepraters is paraat

Gepubliseer op
FOTO: SENIORS Stefan en Suandrie Corbett, Liné Fourie, Lisa Maguire, Liza-Ri Snyman en Amelda Pretorius. Afwesig: Crystal Kirstein en Manika van Schalkwyk. Ter voorbereiding van die landwye ATKV-redenaarskompetisie het Hoërskool Merensky se gladdebekke op 12 en 14 Maart aan die interne uitdunne deelgeneem. Lank voor hierdie datums het die Plasiepraters die geleentheid benut om onvoorbereide…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur

Plasies talk up a storm

Gepubliseer op
PHOTO: GRAAD 9.2 AFRIKAANS Ruben Potgieter, Mariesa Schutte, Reynhard Pretorius en Marjoné Beukes. Nine orator teams from Merensky High School participated in the Veritas Team Orators Competition at Pietersburg Hoërskool on 5 and 6 March 2018. It was the second time that the Plasies entered this exciting competition, giving it their all against teams from…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur

Nothing dampens Plasie culture

Gepubliseer op
PHOTO: Jaco van Staden on the guitar. When it rains on your parade, move to another venue! This was true of the ever popular Wowee Wednesdays, hosted twice a term by the culture prefects at Merensky High School. Since the completion of the Bee Hive, this talent showcase found the perfect spot during breaks. However,…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Werkswinkel vir Plasie-redenaars

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Keynan Fox, Stephanie Potgieter en Palesa Shiluvane. Middel: Dezi de Jager, Chantelle Meyer, Johan van den Heever en Mariesa Schutte. Agter: Ruben Potgieter, Sue-Ann du Preez, Sydney Whitcomb, Jacqueline Cronjé, Marcel Arlow en Andrea van Jaarsveld. Selfs die mees gesoute redenaar kry ‘n padda in die keel wanneer hy gekonfronteer word met onvoorbereide…
Kategorie(e): Akademie, ATKV-Redenaars, Kultuur

PA pretty in pink

Gepubliseer op
PHOTO Danzi Ivy, Nakishka Janse van Vuuren and Rifqah Moosa. Merensky High School’s grade 11 Presidents Award members initiated a cancer awareness project on Friday, February 9, at the school. Many Plasies bought pink ribbons to support this project. Proceeds will go to the Tzaneen Care Group for the outstanding work being done for local…
Kategorie(e): Akademie, Koshuis, Kultuur, Sosiaal, Sport

Tyd staan nie stil nie

Gepubliseer op
Hoërskool Merensky was nog nooit bang om ‘n goeie tradisie, wat tot voordeel van die leerders en onderwysers is, te implementeer nie. Só is die Tydkapsule-tradisie in 2016 gebore. Plasie graad 8’s kry aan die einde van hul skiewiejaar geleentheid om hul wedervaringe op Merensky op papier neer te pen, waarna die skrywes in ‘n…
Kategorie(e): Kultuur, Sosiaal

Frikkie kry sy vrou

Gepubliseer op
Jaar na jaar kan mens net jou hande saamslaan in verwondering wanneer jy die skiewiekonsert by Hoërskool Merensky bywoon. Vanjaar se produksie, getiteld Frikkie soek ‘n vrou, was geskoei op die gewilde realiteitsreeks Boer soek ‘n vrou. Die 243 graad 8-leerders het binne 4 dae ‘n volledige konsert ingeoefen en op die planke gebring. Die…
Kategorie(e): Kultuur, Sosiaal

Nuwe kitaar “Snaar” by Merensky

Gepubliseer op
FOTO: Derius Erasmus Hoërskool Merensky se Musiek-, Dans-, Drama- en Kunsskool (die MDDK) is opgewonde om mnr. Derius Erasmus as nuwe kitaartutor te verwelkom. Erasmus is ‘n oudPlasie wat op 17-jarige ouderdom sy kitaartande by Merensky se musiekskool, wat later jare herdoop is tot die MDDK, gesny het. Behalwe vir sy argitektuuragtergrond is Erasmus ook…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Miles of muddy smiles

Gepubliseer op
It was that time of the year again. The event not to be missed: MooPoo at Plasieland. Numerous, excited new staff members and learners alike, accepted the challenge to become a true blue blooded Plasie, by diving into the muddy waters on Wednesday, 24 January. The enthusiastic crowd cheered and encouraged every participant, resulting in…
Kategorie(e): Kultuur, Sosiaal

ATKV vereer Plasies

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Mapula Matjokotja, Mia Nkuna en Rain Terblanche. Middel: Karen Basson, Joné du Toit, Rhodé Faber, Suandrie Corbett, Mienke Lombard, Manica van Schalkwyk en Andrea van Jaarsveld. Agter: John-Robert Honiball, Michaela Elbrecht, Rynard Mitchell, Rinus Jacobs, Crystal Kirstein en Anke Venter. Inlasfoto’s: Mariesa Schutte, Lizané Van Schalkwyk en Retief Fourie. Soos gebruiklik het Hoërskool…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur

Plasie dancers off to nationals

Gepubliseer op
PHOTO: Nicole Muller, Marla Barnard, Crystal Kirstein and Jeandre Joubert. On Friday, 19 January, 4 Classic, Latin and NRG dancers from Merensky High School’s MDDA auditioned in Polokwane for the Beyond 2000 national arts competition. Nicole Muller, Marla Barnard, Crystal Kirstein and Jeandre Joubert convinced the judges of their talent and were therefor chosen to…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK