Skoolkultuur

Skoolkultuur

Hoërskool Merensky dra met trots die 2014 SAOU toekenning:

“Skool met die beste bevordering van kultuur”

Op plasieland loop sport en kultuur hand-aan-hand en bult spiertiere sonder skroom ook hul kultuurspiere.

PRODUKSIES

Al om die tweede jaar word ‘n groot produksie aangebied waarby soveel as moontlik leerlinge betrek word. Verskeie bekende en selfs nuutgeskrewe musiekblyspele het al die lig gesien.

INDIVIDUELE- EN SPANREDENAARS

Jaarlikse deelname aan die ATKV- sowel as die Radikale Redenaarskompetisies.
In 2016 en 2017 was Hoërskool Merensky verteenwoordig by die ATKV-finaal.
Op Radikale Redenaarfront het die Plasies ook in 2016 en 2017 deelgeneem aan die landwye finaal.

Jaarlikse deelname aan die Veritas Spanredenaarkompetisie te PHS. Ses spanne neem in 2017 deel aan die Radikale Redenaarspankompetisie en dring die graad 12 span deur na die finaal.

DEBAT

Deelname aan die ATKV-Debatkompetisie word aangemoedig.
In 2018 neem die Plasies vir die eerste maal deel aan die Afriforum Dink-of-Sink debat.

POP-UPS

‘n Jaarlikse talentkompetisie op Plasieland.
Talentvolles kan in verskeie kategorieë (Dans, Instrumentaal, Vokaal, Drama) oudisies aflê, waarna die bestes tydens ‘n gala-aand meeding om groot pryse.

WOWEE WOENSDAE

Twee maal per kwartaal het leerlinge die kans om tydens pouse in Die Byekorf hul talente op informele wyse met die skool te deel.

TONEEL

Plasieland het ‘n sterk toneeltradisie. Sedert die eerste toneelstuk, ‘n Soen val uit die hemel in 19..., het verskeie oorspronklike eenbedrywe sowel as vollengte stukke al die lig gesien. Deelname aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie word ook aangemoedig.

EISTEDDFOD

Die Tzaneen Eisteddfod word jaarliks op Plasieland aangebied. Leerlinge presteer puik in die verskeie afdelings soos Musiek, Vokaal, Instrumentaal, Kuns, Dans en Afrikaans en English Drama.


Kultuur Nuus

Goed, Beter, Merensky!

Gepubliseer op
FOTO: SENIOR WENNER: Suandrie Corbett. Leerders van Hoërskool Merensky het behoorlik gepronk by die 2017 Tzaneen Eisteddfod gala-aand op 28 September. Behalwe vir puik items op die verhoog, het die Plasie-kunstenaars ook geskitter met tientalle toekennings. Hierdie jaar het 6 hoërskole deelgeneem: Hoërskole Merensky, Frans du Toit, Ben Vorster, Curro Heuwelkruin, Stanford Lake College en…
Kategorie(e): Eisteddfod, Kultuur

Merensky is 2017 Laeveld Sêr-kampioene

Gepubliseer op
FOTO: Voor: Lize Crafford, Hayley Stephenson, Monique Zhanda, Carmen Ferreira en Jordin Young. Ry 1: Danielle Kasselman, Jade Barnatt, Cameron Buys, Miénke Lombard, Meggan Cloete, Mariesa Schutte en mev. Merise Katzke (afrigter). Ry 2: Imcke van Vuuren, Shilo van den Berg, Iszabella le Roux, Refilwe Masehela, Charmaine Ramokhola en Bianca Elbrecht. Agter: Noha Mafaralala, Michaela…
Kategorie(e): Kultuur, Sosiaal

An exciting first for the MDDA

Gepubliseer op
PHOTO: Anriette van Rooyen (tutor) and Jordin Young. Merensky High School’s MDDA claimed another first when the drama school entered their first student in a Trinity College drama exam. Trinity College London is a leading international exam board and independent education charity that has been providing assessments in the performing arts around the world since…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Welkom, Klas van 2022!

Gepubliseer op
FOTO: Amper-Plasies geniet hulself op 'n bonskasteel. Op Saterdag, 16 September, het Hoërskool Merensky die nuwe graad 8’s van 2018 en hul ouers op Plasieland verwelkom. Die begin van ‘n skooljaar kan erg deurmekaar wees – veral as dit die leerder se eerste keer by ‘n skool is. Merensky het dit dus goedgedunk om nou…
Kategorie(e): Akademie, Koshuis, Kultuur, Leiers, Sosiaal, Sport

Plasie-praters raak radikaal

Gepubliseer op
FOTO Kyla Schoeman, Jason Mellett, Christelle Brummer en Bianca Elbrecht. Op Saterdag, 2 September, het vier redenaarspanne en vier solo-redenaars van Hoërskool Merensky aan die Limpopo-finaal van die Radikale Redenaarfees te Pietersburg Hoërskool deelgeneem. Marlu McLean (graad 12) dring vir die tweede jaar deur na die landwye finaal op 14 Oktober in Pretoria met haar…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur

MDDK dans internasionaal

Gepubliseer op
FOTO Crystal Kirstein, Luzaan Spies, Nicole Muller, Marna Barnard en Handy Masila. Afwesig: Jeandré Joubert. Na hul optrede by die Tzaneen Skou, het Hoërskool Merensky se Latin, NRG en Classics-dansers glad nie laat slaplê nie. Die dansstudio’s op Plasieland het weerklink soos hulle geoefen het vir die Solo Danca Polokwane kompetisie op 26 Augustus. Nog…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

The Hive came alive

Gepubliseer op
PHOTO Appreciative grade 8’s. On Wednesday, 23 August The Hive came alive with the first Wowee Wednesday presented by the new Merensky High School EC members. Originally the idea was to host this mini-show once a term, but due to popular demand it will now become a monthly initiative, promoting culture amongst the learners during…
Kategorie(e): Kultuur

Wat van die Steinway?

Gepubliseer op
FOTO DIE AKTEURS Voor: Carel Mouton en Mari Weber. Agter: Alida du Preez en Anriëtte van Rooyen. Die gemeenskap kan hulle regmaak om bederf te word tydens ‘n Steinway-aand by Hoërskool Merensky. Die hoofdoel van hierdie aand is om die geskiedkundige Steinway-klavier in die skoolsaal, wat onlangs gerestoureer is, te herdenk. Mari Weber, Anriëtte van…
Kategorie(e): Kultuur

Merensky sit die SUPER in superskool

Gepubliseer op
FOTO OP DIE TV-STEL: Juf. Claudia Olivier, Bianca Elbrecht, Casper Jordaan en Juan-Jacques Moller. Die Laeveld kan op 4 September regop sit en aandag gee wanneer VIA TV (kanaal 147) se nuwe vasvraprogram vir Hoërskole begin. Alle hoërskole in die land is genooi om deur middel van ‘n kort video in te skryf vir hierdie…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur, Sosiaal, Sport

Plasies studied John

Gepubliseer op
The yearly Bible Quiz at Merensky High School was eagerly awaited by all and sundry. The book of John served as study material for the quiz held on Thursday, 24 August, during Bible Period. In a surprising twist, the teachers challenged the learners to establish the best performer in the set paper of thirty questions.…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur

Plasie-duo verdedig Verenigde Arabiese Emirate

Gepubliseer op
FOTO: Zenasia Nukeri (MHS), Ndzalama Maake (Vuthlari), Tamia Mashele (Vuthlari) en Angela Trzeciak (MHS). Op die Plasie-kalender is die provinsiale ronde van die South African Model United Nations debat ‘n hoogtepunt vir gladdebekke om in Engels hul saak te stel. Vanjaar het Zenasia Nukeri (graad 10) en Angela Trzeciak (graad 11) kragte gesnoer met Ndzalama…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur

Beoordelaar sonder sokkies

Gepubliseer op
Mnr. Chris van Staden, beoordelaar van die musiekafdeling van die pasafgelope Tzaneen Eisteddfod, was behoorlik uit sy skoene geskud deur die aanbieding van die 2017 sêrgroep van Hoërskool Merensky.  In sy eie woorde: “Ek het nie skoene aan nie, because you blew my socks off”. Die groep het met uitmuntende sang ‘n diamanttoekenning (95%) vir…
Kategorie(e): Eisteddfod, Kultuur

Nuwe kuierplek kry ‘n naam

Gepubliseer op
FOTO: Die Byekorf. “Sien jou pouse by die… um...”, of “Kom Luister na Radio Merensky daar by die nuwe... um”?  Vir Hoërskool Merensky was “um” eenvoudig nie goed genoeg nie en het die tyd aangebreek om die besondere, nuutgeboude “um” te doop.  Daarom dat elke bloubloed Plasie onlangs die geleentheid gehad het om sy voorstel…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur, Leiers, Sosiaal, Sport

Suandrie is ‘n yster

Gepubliseer op
Praat mens van ‘n yster-meisie? Iemand wie aan hierdie beskrywing voldoen is beslis Hoërskool Merensky se veelsydige graad 9-leerling, Suandrie Corbett. Hierdie leerling het die afgelope 14 dae haar talent op vele terreine bewys. Eers het Suandrie op 5 Augustus haar Pre-Exam: Intermediate Foundation Phase in Polokwane, ter voorbereiding van haar komende balleteksamen, afgelê. Daarna…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur, Netbal, Sport

Plasies toon spelvernuf

Gepubliseer op
FOTO: Janco Blignaut, Anize Basson, Mienke Lombard en Manica van Schalkwyk. Op Dinsdag 1 Augustus het 4 leerlinge van Hoërskool Merensky aan die jaarlikse ATKV Spelathon kompetisie deelgeneem. Dit was die derde jaar, sedert hierdie kompetisie geloods is, dat Plasie-spellers hul vernuf teen graad 9 en 10 deelnemers van ander skole in Limpopo kon meet.…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur