Skoolkultuur

Hoërskool Merensky dra met trots die 2014 SAOU toekenning:

“Skool met die beste bevordering van KULTUUR.”

Op plasieland loop sport en kultuur hand-aan-hand en bult spiertiere sonder skroom ook hul kultuurspiere.

PRODUKSIES

Al om die tweede jaar word ‘n groot produksie aangebied waarby soveel as moontlik leerlinge betrek word. Verskeie bekende en selfs nuutgeskrewe musiekblyspele het al die lig gesien.

In 2021 is ONDER KONSTRUKSIE as verhoogproduksie en film opgevoer.
Klik hier om die movie te kyk.

Klik hier vir nog foto's op Facebook.

INDIVIDUELE- EN SPANREDENAARS

Die volgende kompetisies word aangebied:

  1. ATKV-REDENAARS
    As jy ’n raakprater is en nie huiwer om jou sê te sê nie, bring jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag.
  2. VERITAS SPANREDENAARS
    Vergeet van alleen praat – by Veritas Spanredenaars span ons saam om ons standpunt te bewys. Word deel van die wenspan en kom praat jou hart uit.
  3. OPPIE TONG AF
    Oppie Tong Af is 'n nasionale kompetisie vir brawe praters. Kies tussen Afrikaans of Engels, voorbereid of onvoorbereid, motiverend of argumenterend of vermaaklik, individueel of span.
    Vir meer inligting gly na www.oppietongaf.co.za
  4. RADIKALE REDENAAR
    Want praat is lekker! Radikale Redenaar is ’n redenaarskompetisie met ’n verskil.
    Spoel mond uit as individuele of spanspreker. Wys jou liefde vir lees in die leesfees. Deel jou skryfwerk met die wêreld en spog met jou skryfstuk in ’n gepubliseerde bundel.
    Vir meer inligting besoek www.radikaleredenaar.com

DEBAT

AFRIFORUM DINK OF SINK DEBAT

Dink of Sink is ’n onvoorbereide debatskompetisie wat die jeug met waardevolle vaardighede toerus, soos om op jou voete te dink, standpunt in te neem en om jou opponent met feite en algemene kennis te oorreed. Merensky is die gasheerskool vir die noordelike rondte.

 

POP-UPS

‘n Jaarlikse talentkompetisie op Plasieland.
Talentvolles kan in die derde kwartaal in verskeie kategorieë (Dans, Instrumentaal, Vokaal, Drama) oudisies aflê, waarna die bestes tydens ‘n gala-aand meeding om groot pryse.

EISTEDDFOD

Die Tzaneen Eisteddfod word jaarliks op Plasieland aangebied. Leerlinge presteer puik in die verskeie afdelings soos Musiek, Vokaal, Instrumentaal, Kuns, Dans en Afrikaans en English Drama.

WORDWORX

WordWorx is Merensky se eie skryfklub waar leerders hulle passie vir skryf kan uitleef en vaardighede geslyp word.
Die best ewerke word jaarliks in 'n bundel gepubliseer. Monthly meetings.


KULTUURNUUS