Skoolkultuur

Skoolkultuur

Hoërskool Merensky dra met trots die 2014 SAOU toekenning:

“Skool met die beste bevordering van kultuur”

Op plasieland loop sport en kultuur hand-aan-hand en bult spiertiere sonder skroom ook hul kultuurspiere.

PRODUKSIES

Al om die tweede jaar word ‘n groot produksie aangebied waarby soveel as moontlik leerlinge betrek word. Verskeie bekende en selfs nuutgeskrewe musiekblyspele het al die lig gesien.

INDIVIDUELE- EN SPANREDENAARS

Jaarlikse deelname aan die ATKV- sowel as die Radikale Redenaarskompetisies.
In 2016 en 2017 was Hoërskool Merensky verteenwoordig by die ATKV-finaal.
Op Radikale Redenaarfront het die Plasies ook in 2016 en 2017 deelgeneem aan die landwye finaal.

Jaarlikse deelname aan die Veritas Spanredenaarkompetisie te PHS. Ses spanne neem in 2017 deel aan die Radikale Redenaarspankompetisie en dring die graad 12 span deur na die finaal.

DEBAT

Deelname aan die ATKV-Debatkompetisie word aangemoedig.
In 2018 neem die Plasies vir die eerste maal deel aan die Afriforum Dink-of-Sink debat.

POP-UPS

‘n Jaarlikse talentkompetisie op Plasieland.
Talentvolles kan in verskeie kategorieë (Dans, Instrumentaal, Vokaal, Drama) oudisies aflê, waarna die bestes tydens ‘n gala-aand meeding om groot pryse.

WOWEE WOENSDAE

Twee maal per kwartaal het leerlinge die kans om tydens pouse in Die Byekorf hul talente op informele wyse met die skool te deel.

TONEEL

Plasieland het ‘n sterk toneeltradisie. Sedert die eerste toneelstuk, ‘n Soen val uit die hemel in 19..., het verskeie oorspronklike eenbedrywe sowel as vollengte stukke al die lig gesien. Deelname aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie word ook aangemoedig.

EISTEDDFOD

Die Tzaneen Eisteddfod word jaarliks op Plasieland aangebied. Leerlinge presteer puik in die verskeie afdelings soos Musiek, Vokaal, Instrumentaal, Kuns, Dans en Afrikaans en English Drama.


Kultuur Nuus

Merensky Muso’s nail Unisa exams

Gepubliseer op
Four Merensky High School learners recently played their UNISA practical piano, violin and guitar exams. All four are enrolled at the MDDA, Plasielands’ renowned art school. Janco Blignaut passed his grade 6 piano exam with 83%, while Elizma Horak did evenly well with 80% for her grade 3 practical. Violinist Lize Mostert was awarded 92%…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Rising ballet star

Gepubliseer op
During the recent RAD ballet exams, Plasieland’s Suandrie Corbett achieved a merit award for her grade 5 ballet exam.
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Merensky skitter by Musiek Eisteddfod

Gepubliseer op
Ywerige sangers en instrumentaliste van Hoërskool Merensky het die geleentheid aangegryp om aan vanjaar se Eisteddfod op 23 en 24 Augustus deel te neem. 18 Plasies het aan 42 items in die gesellige Teatro deelgeneem. Die gesoute beoordelaar, mnr. Chris van Staden het met lewendige kommentaar en wenke gesorg dat voornemende kunstenaars daarna uitsien om…
Kategorie(e): Eisteddfod, Kultuur

Suksesvolle danswerkswinkel op Plasieland

Gepubliseer op
Op Vrydag, 19 Augustus het mnr. Mark Dooley, wie reeds meer as 5 maal gekroon is as die Suid-Afrikaanse Ballroom en Latin American kampioen, Hoërskool Merensky se dansers vergas met ‘n intensiewe werkswinkel. Mnr. Dooley staan ook aan die hoof van Solo Danca Latina in Suid-Afrika. Op Saterdag, 20 Augustus het die dansers aan ‘n…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Drama-drama op Plasieland

Gepubliseer op
Plasieland het van 22 tot 27 Julie behoorlik gewemel van opgewonde, swartgeklede drama-leerlinge wie aan die Afrikaanse afdeling van die Tzaneen Eisteddfod deelgeneem het. Behalwe die dertien groepitems, het talle aspirant-akteurs ook aan ‘n rekord aantal individuele items deelgeneem. Daar is in elke beskikbare hoekie geoefen aan die impromptu items, terwyl samesprake, monoloë, prosa, mimiek,…
Kategorie(e): Eisteddfod, Kultuur

Merensky beauty shines

Gepubliseer op
Donné Oosthuizen, grade 10 learner at Merensky High School, and international title holder “Teen Miss Earth 2016”, was invited to be hostess at the national round of the Little Model Earth pageant held at Protea Centurion Hotel on Saturday, 16 July. Donné and Leandri Schreiber, her modelling teacher, were both part of the International Royalty,…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Chris, dancing the night away

Gepubliseer op
On 19 June, Merensky High School student, Chris Bill took part in the Solo Dança Latina Ranking dance competition in Polokwane. It was Chris' first dance competition. This extremely hard working student was placed 4th in the Young Adults Latin section and took the silver medal in the NRG Young Adults section. Chris takes dance…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Merensky redenaars maak stem dik

Gepubliseer op
Die semi-finale rondte van die ATKV-redenaars het op 10 Junie te Curro Heuwelkruin plaasgevind. Elf van Hoërskool Merensky se redenaars het gekwalifiseer om hieraan deel te neem. Stefan Corbett (graad 9) slaag daarin om deur te dring na die finale rondte wat op 12 Augustus te Buffelspoort plaasvind. Hy het deelgeneem in die kategorie Afrikaans…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur

Nog ‘n eerste vir Merensky

Gepubliseer op
Na maande se droom, beplanning en onvermoeide ywer is Plasieland se eie aanlyn radiostasie, Radio Merensky, uiteindelik op Dinsdag, 7 Junie 2016, van stapel gestuur. Verskeie rolspelers en hoofborge, naamlik mnr. George Lourens (versekeringsmakelaar) en Wimpie Knoetze van Letaba Wireless, het gesellig verkeer buite die nuwe studio. Omroepers, mnre. Magnus Steyn jnr. en Louis Fourie,…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur, Sosiaal, Sport

Plasie opedag breek rekords

Gepubliseer op
‘n Rekordgetal voornemende Plasies en belangstellende ouers het op Vrydag, 10 Junie 2016, ‘n unieke opedag by Hoërskool Merensky bygewoon. Die tema van ‘n 80-jaar partytjie het gesorg vir ‘n vrolike, uitbundige atmosfeer. Perderuiters het gaste op die pawiljoen in Plasiestyl verwelkom, waarna man en muis die skoolsaal om feestelike partytjietafels volgepak het. ‘n Dinamiese…
Kategorie(e): Akademie, Kultuur, Sosiaal, Sport

Merensky muso presteer

Gepubliseer op
Angie Nel, talentvolle pianis van Hoërskool Merensky het aan die South African Championships of the Performing Arts in Johannesburg deelgeneem. Sy het vier klaviersolo’s, in verskeie kategorieë, gelewer en is beloon met een silwer en drie goue medaljes.
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Exciting talent pops up

Gepubliseer op
The annual Pop-ups talent show at Merensky High School was once again a roaring success. On Wednesday, 11 May, no less than twenty seven top class items competed in eleven categories. The brilliant hosts, Elzette van Dyk and Chris Bill, had the audience in stitches with their quips and jokes. In the vocal section, Lize…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

ATKV-Redenaars 2016: Eerste streeksronde

Gepubliseer op
Die eerste streeksronde van die ATKV-Redenaarskompetisie, 2016, het op 14 en 15 April te Curro Heuwelkruin, Polokwane, plaasgevind. Die sewentien beste redenaars, wat tydens die skoolrondes aangewys is, het aan die eerste streeksronde gaan deelneem. Ongeveer 260 redenaars van die Limpopo-Noord-skole het hier deelgeneem. Ons is trots om te berig dat ‘n rekordaantal Merensky-redenaars deurgedring…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur

UNISA erken Merensky Muso’s

Gepubliseer op
Mev. Ingrid Linde, musiektutor by Hoërskool Merensky se MDDK, is onlangs deur UNISA vereer. Die instansie ken merietesertifikate toe aan afrigters wie minstens 10 kandidate in ‘n musiekeksamen inskryf, wie dan elk ‘n onderskeiding behaal. Haar top tien kandidate se gemiddeld in 2015 was 83%. Janco Blignaut, ‘n graad 9-leerling, word ook in die Musicus…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK

Plasie audience held captive

Gepubliseer op
On Tuesday 12 April the Merensky hall was packed with spectators to enjoy the first Thrilling Tuesday of 2016. As tradition dictates, pupils from the MDDA showcase their talents on a bi-annual basis in conjunction with the grade 11 Hospitality students. A scrumptious three course meal was served whilst the audience welcomed several promising newcomers…
Kategorie(e): Kultuur, MDDK