Skoolkultuur

Skoolkultuur

Hoërskool Merensky dra met trots die 2014 SAOU toekenning:

“Skool met die beste bevordering van kultuur”

Op plasieland loop sport en kultuur hand-aan-hand en bult spiertiere sonder skroom ook hul kultuurspiere.

PRODUKSIES

Al om die tweede jaar word ‘n groot produksie aangebied waarby soveel as moontlik leerlinge betrek word. Verskeie bekende en selfs nuutgeskrewe musiekblyspele het al die lig gesien.

INDIVIDUELE- EN SPANREDENAARS

Jaarlikse deelname aan die ATKV- sowel as die Radikale Redenaarskompetisies.
In 2016 en 2017 was Hoërskool Merensky verteenwoordig by die ATKV-finaal.
Op Radikale Redenaarfront het die Plasies ook in 2016 en 2017 deelgeneem aan die landwye finaal.

Jaarlikse deelname aan die Veritas Spanredenaarkompetisie te PHS. Ses spanne neem in 2017 deel aan die Radikale Redenaarspankompetisie en dring die graad 12 span deur na die finaal.

DEBAT

Deelname aan die ATKV-Debatkompetisie word aangemoedig.
In 2018 neem die Plasies vir die eerste maal deel aan die Afriforum Dink-of-Sink debat.

POP-UPS

‘n Jaarlikse talentkompetisie op Plasieland.
Talentvolles kan in verskeie kategorieë (Dans, Instrumentaal, Vokaal, Drama) oudisies aflê, waarna die bestes tydens ‘n gala-aand meeding om groot pryse.

WOWEE WOENSDAE

Twee maal per kwartaal het leerlinge die kans om tydens pouse in Die Byekorf hul talente op informele wyse met die skool te deel.

TONEEL

Plasieland het ‘n sterk toneeltradisie. Sedert die eerste toneelstuk, ‘n Soen val uit die hemel in 19..., het verskeie oorspronklike eenbedrywe sowel as vollengte stukke al die lig gesien. Deelname aan die ATKV-Tienertoneelkompetisie word ook aangemoedig.

EISTEDDFOD

Die Tzaneen Eisteddfod word jaarliks op Plasieland aangebied. Leerlinge presteer puik in die verskeie afdelings soos Musiek, Vokaal, Instrumentaal, Kuns, Dans en Afrikaans en English Drama.


Kultuur Nuus

Plasie-prater dring deur na nasionale ronde van ATKV-redenaars

Gepubliseer op
Michelle Stevens, ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Merensky is die Afrikaans Addisionele Taal wenner tydens die tweede streekronde (semi-finaal) in die ATKV redenaarskompetisie. Met hierdie prestasie kwalifiseer sy om aan die nasionale ronde, wat Augustus hierdie jaar in die Wes-Kaap plaasvind, deel te neem. Wat die prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat Michelle…
Kategorie(e): ATKV-Redenaars, Kultuur