Laeveld Prestige Atletiekbyeenkoms

Hoërskool Merensky het op 13 Februarie Hoërskole Rob Ferreira, Frans du Toit, Louis Trichardt, Barberton en HTS Tom Naudé as gaste by die Laeveld Prestige Atletiekbyeenkoms ontvang.

Na ‘n snikhete dag van prag-atletiek, begeesterde sang en heelwat nuwe rekords, het Merensky met 850 punte gewys wie is baas. Rob Ferreira het kort op hul hakke, met 824 punte in die tweede plek geeïndig.

Merensky-atlete wie weereens uitstekend presteer het is Christelle Coetzer wat as Junior Victrix Ludorum aangewys is, Sancha van Niekerk as Senior Victrix Ludorum en Noko Malatji as Senior Victor Ludorum.

Plasieland het 58 goud, 49 silwer en 40 brons medaljes ingepalm.