Landloop wen interhoër

DIE INTERHOËRSPAN Voor: Sancha van Niekerk, Micaela Dale, Amelia Middleton, Anri McLean, René Wiese en Jenelle de Jonge. Agter: Francois Nothnagel, Ikne Stucki, Janco Coetzee, Jean-Jacques Moller, Johan Haynes en Armand Cronjé.

FOTO:
DIE INTERHOËRSPANNE
Voor: Sancha van Niekerk, Micaela Dale, Amelia Middleton, Anri McLean, René Wiese en Jenelle de Jonge.
Agter: Francois Nothnagel, Ikne Stucki, Janco Coetzee, Jean-Jacques Moller, Johan Haynes en Armand Cronjé.


Op landloopgebied kon niemand by Hoërskool Merensky se senior dogterspan kers vashou nie. Hierdie gedugte span het saam met die seuns op Maandag, 14 Augustus aan die hoërskole landloop interhoërbyeenkoms te Louis Trichardt deelgeneem.

René Wiese het hakskene gewys en eerste oor die wenstreep genael. Kort op haar hakke was spanmaats Anri McLean, Amelia Middleton, Sancha van Niekerk, Jenelle de Jonge en Micaela Dale. Met hierdie prestasie behaal hul die eersteplek.

Die senior Plasie-seunspan, Armand Cronjé, Janco Coetzee, Francois Nothnagel, Jean-Jacques Moller, Ikne Stucki en Johan Haynes het eweneens verbete geveg en ‘n tweedeplek behaal.

Gelukwense aan die volgende landlopers wie op 9 September Limpopo sal verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe by Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom: René, Anri, Micaela, Janco, Ikne, Armand en Francois.