Landloopliga begin

Voor: Tayla Vos, Joné du Toit en Amelia Booth. Agter: Lerese du Preez, Megan Meyer, Anri McLean, Janco Coetzee, Francois Nothnagel en Jurie Wilders. Afwesig: Jamie Cooper.

FOTO:
Voor: Tayla Vos, Joné du Toit en Amelia Booth.
Agter: Lerese du Preez, Megan Meyer, Anri McLean, Janco Coetzee, Francois Nothnagel en Jurie Wilders.
Afwesig: Jamie Cooper.


Die eerste skolelandloop ligabyeenkoms het op Saterdag, 14 April, by Limpopo University plaasgevind. 10 Atlete van Hoërskool Merensky het aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Anri McLean (dogters 18) het ‘n derdeplek verower. Ander deelnemers was Amelia Booth (dogters 14, 8ste), Tayla Vos (dogters 16, 8ste), Jamie Coppen (dogters 16, 10de), Megan Meyer (dogters 17, 12de), Janco Coetzee (seuns 16, 15de), Francois Nothnagel (seuns 18, 17de), Lerese du Preez (dogters 16, 20ste) en Jurie Wilders (seuns 19, 23ste).