
Op Saterdag, 6 Mei, het ‘n dosyn Plasie-landlopers aan die eerste LIMA-liga te Settlers deelgeneem.
Die atlete het op rowwe terrein hul bes gedoen, te midde van strawwe kompetisie. René Wiese (o.15) spog met ‘n goue medalje, deur ‘n volle minuut voor die tweedeplek klaar te maak. Anri McLean stap weg met ‘n bronsmedalje.
Die tweede liga-byeenkoms word Saterdag, 13 Mei, by HTS Tom Naudé in Polokwane aangebied.