Letaba Tuinbouklub kuier op Merensky

Cora Lubbe (Letaba Tuinbouklub voorsitter), Nicky Barbeiro (kurator van die Merensky Museum), Amanda du Plessis (Aan’t Oewer Tuinbouklub voorsitter), Gwenneth van Schalkwyk (gasvrou), Willene Cilliers (Merensky hoofmeisie, klas van 1978) en Emmerine Marais (Merensky, klas van 1977).

FOTO:

Met ‘n tema soos Toeka, was dit heel gepas dat die Letaba Tuinbouklub hul jaarafsluitingsfunksie op 17 November by die Merensky Museum gehou het.

Me. Nicky Barbeiro, kurator van die Plasie museum, het almal verwelkom met ‘n interessante blikbeker. Tafels onder die groot Wildevyboom het gekreun met tradisionele melktert en koeksisters. Die gasvrou en spreker van die dag, Me. Gwenneth van Schalkwyk het, geklee in tradisionele Voortrekkerdrag, interessante boererate met die tuinbouers gedeel.

Dames van die Aan’t Oewer Tuinbouklub het ook besoek afgelê en so het ‘n heerlike tuinkuier op Plasiebodem gesorg vir nóg ‘n spoggeleentheid.