Letterkundiges geslyp by Merensky

Mee. Maryke Joubert, Claudia Olivier, mnr. Henk Viljoen & me. Trudie Botha.

FOTO:
Mee. Maryke Joubert, Claudia Olivier, mnr. Henk Viljoen & me. Trudie Botha.


Mnr. Henk Viljoen, Streeksverkoopsbestuurder: Skole-afdeling van NB-uitgewers in Johannesburg, het op Saterdag, 23 Februarie, ‘n slypskool in graad 11 en 12 voorgeskrewe letterkunde by Hoërskool Merensky aangebied.

Hoërskole Merensky, Ben Vorster en Frans du Toit het baatgevind by besprekings rondom “Onderwêreld” van Fanie Viljoen, die Gr 12’s se roman, en “My Japan” van Schalk Schoombie wat vir   graad 11-leerders voorgeskryf is.

Die beplande nuwe drama wat vir matrieks voorgeskryf gaan word in 2020, “Siener van die Suburbs” deur PG du Plessis is ook onder die loep geneem. Temas en motiewe, asook karakters is fyn deurgetrap, sodat onderwysers dit maklik aan die leerders kan oordra.

Dit was beslis ‘n verrykende kursus vir ieder en elk.