Marais nou no 1 in Limpopo

Marais Botha, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Merensky, het op 9 en 10 Augustus aan die Limpopo junior tennistoernooi in Polokwane deelgeneem.

Dié opkomende ster (en nommer 1 seunstennispeler op Plasieland) het die o.14-seunsafdeling met gemak gewen. Marais sal aan die begin van Desember aan die finale proewe deelneem om in die provinsiale span, wat Limpopo by die junior SA’s gaan verteenwoordig, opgeneem te word.

Merensky hou hierdie belowende sportman met verwagting dop.