MDDK dans internasionaal

Crystal Kirstein, Luzaan Spies, Nicole Muller, Marna Barnard en Handy Masila. Afwesig: Jeandré Joubert.

FOTO
Crystal Kirstein, Luzaan Spies, Nicole Muller, Marna Barnard en Handy Masila. Afwesig: Jeandré Joubert.


Na hul optrede by die Tzaneen Skou, het Hoërskool Merensky se Latin, NRG en Classics-dansers glad nie laat slaplê nie. Die dansstudio’s op Plasieland het weerklink soos hulle geoefen het vir die Solo Danca Polokwane kompetisie op 26 Augustus. Nog was dit het einde niet, want op 2 September het die span meegeding in die Dance Fusion South Africa kompetisie te Letsitele.

Na afloop van die twee kompetisies was die danstutor, me. Bonita Lourens, erg in haar noppies met die dansers se prestasies. In die Hip-Hop solo kategorie wemel dit van goue medaljes. Ulrich Greeff behaal 85%, Jeandré Joubert 82,5%, met Handy Mosila kort op sy hakke met 82%. Luzaan Spies kry 81,5%. In die Contemporary solo afdeling dans Nicole Muller (88,5%) en Ulrich Greeff (80%) ook goue medaljes los. John Slabber (79,5%) mis sy goue medalje naelskraap. Marné Barnard behaal 70% vir Contemporary terwyl Crystal Kirstein en Nicole Muller 73% vir hul duet behaal.

Die opwinding was tasbaar aangesien Jeandré Joubert, Luzaan Spies en Handy Mosila kwalifiseer om in Australië te gaan deelneem. Die twee matrikulante, John en Ulrich, het ook hiervoor gekwalifiseer, maar sal met Jan tuisbly se karretjie moet ry vanweë die matriekeksamen. Hulle word egter as ere-deelnemers genooi na die nasionale You’ve got IT talentuitdunne in November hierdie jaar. Vlugvoetige Nicole Muller het die beoordelaars so beïndruk dat sy sonder omhaal gekies is om aan die International Finals in Asië deel te neem.

Hoërskool Merensky is oortuig dat hierdie dansers nog wêreldwyd diep spore gaan trap.

[supsystic-gallery id=113 position=center]