MDDK-talent skitter

Zayana Moosa, Ntsakisi Shingange en Amelia Booth maak gereed vir hul optrede.

FOTO:
Zayana Moosa, Ntsakisi Shingange en Amelia Booth maak gereed vir hul optrede.


Op Woensdag, 10 Mei, het die MDDK, Hoërskool Merensky se unieke kunsteskool, die eerste “Thrilling”-geleentheid van 2018 in die skoolsaal aangebied.

 ‘n Groot aantal akteurs, sangers, musikante en dansers het die gehoor vermaak met hul talent.

Soos gebruiklik, het die aand ook gesorg vir ‘n aantal eerstes: die fotografieklas het ‘n uitstalling gehad van interessante foto’s, terwyl die kunsstudente elkeen ‘n potloodskets van ‘n wilde dier vertoon het. Die kraakvars-klankspan was ene ywer en het Murphy sleg op sy neus laat kyk.

Allerlei kunstenaars het die planke behoorlik laat praat met goed afgeronde en aanskoulike items. Dit was veral die graad 8’s wat die gehoor laat regop sit het en kennis neem van besondere talent wat Plasieland nog lank gaan vermaak. Tydens hierdie spesiale aand is die toegewyde, professionele tutors van die MDDK ook aan die gehoor voorgestel.

Die volgende “Thrilling”-geleentheid sal DV teen Oktobermaand aangebied word.