Merensky admin verf Gauteng blou

Op Saterdag, 5 Maart was dit Plasieland se administratiewe dames se beurt om weg te breek. Die eindbestemming was Monté Casino in Fourways waar die dames hulself bederf het met ‘n massering, aandete en die musiekblyspel, Singing in the rain, as kersie op die koek. Sondag is daar inkopies gedoen en gefliek.