Merensky berei voor vir Rhino 7’s rugbyfinaal

FOTO:
Voor: MJ Bench en MJ Mulder. Middel: Delux Jooste en Dylan Herrendoerfer.
Agter: Almo Julies, Wynand Scholtz, Noko Malatji, Clifford Sekgobela, Resenga Kubayi, Mikyle le Roux (kaptein), Masedi Manamela en mnr. Drikus Viljoen (afrigter).

‘n Koud en winderige Polokwane-Saterdag skrik nie maklik 7’s rugbymanne af nie. Die eerstespan van Hoërskool Merensky het op 12 September gaan deelneem aan die jaarlikse HTS Tom Naudé 7’s rugbydag.

Die Plasies se eerste wedstryd was teen Capricorn High School, wat hulle gemaklik wen met ‘n 29-0 telling. Daarna het hulle HTS Tom Naudé gepak en met ‘n 26-0 oorwinning tevrede van die veld gestap.

Die derde wedstryd van die dag teen Hoërskool Warmbad, het vir nog ‘n 36-0 wen gesorg.

Met hierdie uitslae klim die span tot boaan die Groep A-punteleer en kom teen ‘n omgekrapte Hoërskool Frans du Toit te staan, wat die wedstryd met 19 punte teenoor 14 opraap. As gevolg hiervan speel Merensky weer teen HTS Tom Naudé in die plaatfinaal en met ‘n 19-5 wen bring hulle die plaat huis toe.

Die Plasie eerstespan is goed op dreef en sien uit na die Rhino 7’s rugbyfinaal wat vanaf 24 September in die Kruger Nasionale Park aangebied word.