Merensky bied Limpopo-boogskiet aan

Opgewonde skuts van oraloor het op 3 en 4 Junie na die ATKV Eiland Spa opgetrek waar Hoërskool Merensky se gedugte boogskietklub die jaarlikse Limpopo- en Bosveld Binnenshuise Kampioenskap aangebied het. ‘n Rekordgetal van 60 skuts het meegeding om die gesogte titels.

Goue medaljes word deur die volgende Plasie-klublede verower: Lin-Mari Theron, Ryan Jackson, Sean Hunt, Morney Kleinhans, Martin Mostert, Owen Otto en Janco Theron.

Canell Jackson, Ashley Hunt, André van der Merwe, Heinrich Pieterse, Benéche Jackson, Schalk Warmenhoven en Izelri Theron spog met silwer medaljes.

Brons medaljes hang om die nekke van Annebelle Schwab, Benno Kotze, Dewald Haagner, De Marco Meyer en Matthew Lunt.

Tydens die byeenkoms het Sean Hunt en Ryan Jackson provinsiale kwalifiserende tellings geskiet, terwyl Canell Jackson, Lin-Mari Theron, Morney Kleinhans, Martin Mostert en Schalk Warmenhoven nasionaal gekwalifiseer het.

Morney Kleinhans en Martin Mostert het reeds vroeër in die seisoen hul 2017/2018 Limpopo kleure verwerf.

Graag bedank Merensky Boogskietklub NTK, PPS, Miami Canners, Trim Cut en verskeie vrygewige plaaslike boere, sowel as ATKV Eiland Spa wat bygedra het tot die suksesvolle naweek.