Merensky boul Phalaborwa uit

Krieket

Op Saterdag, 16 September, het Hoërskool Merensky se eerste krieketspan teen die span van Phalaborwa te staan gekom.

Merensky kolf eerste en teken 184 in 44 boulbeurte aan. Die beste kolwer was Xander Botha wat 92 lopies van slegs 87 balle aangeteken het.

Phalaborwa is uitgeboul vir 152 lopies. Plasie-bouler, Kieran Albertus, het 4 paaltjies geneem en slegs 23 lopies afgestaan.

Merensky wen hierdie wedstryd met 32 lopies.