Merensky brei bestuur uit

Voor: Mieke en Ruben. Agter: Michelle, Adriaan en Mark.

FOTO:
MNR. MARK LOUWIES EN GESIN
Voor: Mieke en Ruben.
Agter: Michelle, Adriaan en Mark.


Hoërskool Merensky is bekend daarvoor dat hul pro-aktief optree, daarom is besluit om met ingang van 2018 graadhoofde aan te stel wat net fokus op elke graad se besondere behoeftes. Hierdie span word gelei deur mnr. Seph Oosthuizen, departementshoof en graadhoofkoördineerder.

Hartlik geluk aan mee. Gretha van Staden (graad 8), Yolandi Potgieter (graad 9), Izelle du Preez (graad 10), Yolandé Rautenbach (graad 11) en Verena van Heerden (graad 12).

Drie nuwe departementshoofde voeg hul ook in 2018 tot die Plasiespan. Nadia Last is aangestel in die Landbou departement, Sunet van Gass lei die Gasvryheidstudies, Toerisme en EBW departemente, terwyl Sunette Stander die Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid departemente sal hanteer.

Nog nuus uit die enjinkamer is dat mnr. Mark Louwies (voormalige skoolhoof van Laerskool Mariepskop) vanaf 1 Januarie 2018 die aanstelling as nuwe adjunkhoof aanvaar het.