Merensky in kleur

JC Nel, Chanel Dohse, Jehan Goosen, Pieter van der Merwe, Christelle Brummer, Ciné Venter, Mieke Venter en Marthin Theunissen.

FOTO
JC Nel, Chanel Dohse, Jehan Goosen, Pieter van der Merwe, Christelle Brummer, Ciné Venter, Mieke Venter en Marthin Theunissen.


Op Plasieland het lente omtent in volkleur afgeskop. Op Donderdag, 31 Augustus, het man en muis geesdriftig aan die colour fest op die sokkerveld deelgeneem. Die veelkleurige poeierverf was vinnig uitverkoop en het gesorg vir vet pret. Na die colour fest het Die Byekorf sy eerste opelugsokkie beleef.