Merensky is 2017 Laeveld Sêr-kampioene

Voor: Lize Crafford, Hayley Stephenson, Monique Zhanda, Carmen Ferreira en Jordin Young. Ry 1: Danielle Kasselman, Jade Barnatt, Cameron Buys, Miénke Lombard, Meggan Cloete, Mariesa Schutte en mev. Merise Katzke (afrigter). Ry 2: Imcke van Vuuren, Shilo van den Berg, Iszabella le Roux, Refilwe Masehela, Charmaine Ramokhola en Bianca Elbrecht. Agter: Noha Mafaralala, Michaela Elbrecht, Ockert Fernandes, Casper Jordaan, Sean Hunt, Hayley-kay Buys, Dee-Anne Preece en mnr. Magnus Steyn (afrigter).

FOTO:
Voor: Lize Crafford, Hayley Stephenson, Monique Zhanda, Carmen Ferreira en Jordin Young.
Ry 1: Danielle Kasselman, Jade Barnatt, Cameron Buys, Miénke Lombard, Meggan Cloete, Mariesa Schutte en mev. Merise Katzke (afrigter).
Ry 2: Imcke van Vuuren, Shilo van den Berg, Iszabella le Roux, Refilwe Masehela, Charmaine Ramokhola en Bianca Elbrecht.
Agter: Noha Mafaralala, Michaela Elbrecht, Ockert Fernandes, Casper Jordaan, Sean Hunt, Hayley-kay Buys, Dee-Anne Preece en mnr. Magnus Steyn (afrigter).


Die derde Laeveld Sêr-kompetisie is op Woensdag, 20 September, by Hoërskool Ben Vorster gehou.

Vanuit die staanspoor het daar ‘n feestelike gees onder die toeskouers geheers. Die gehoor is aan die begin daaraan herinner dat daar nie tydens ‘n optrede hande geklap mag word nie, maar na afloop van elke item het die dak behoorlik gelig soos die deelnemers toejuiging is.

Drie professionele beoordelaars het besluit wie hierdie jaar se sêrkroon gaan dra. Jeandré Venter (Tukkies se serrie-beoordelaar en akteur) het die leiding geneem en saam met Maryke Johnson (‘n musieklektor by TUT) en Nastassja Jooste (Erica in My Father’s War en Silvia in Getroud met Rugby) koppe gekrap.

Die Plasies met hul Vikings-tema is as die wenners van die aand aangewys. Hulle het ook ‘n R 5 000-prys gewen vir die beste voorbereide werk.

Hoërskool Ben Vorster se musiekradio het vir hulle ‘n tweedeplek besorg. Hoërskool Piet Potgieter was geheime agente en het in die derdeplek geeïndig.

Hoërskool Merensky hoop dat hierdie ATKV-inisiatief van krag tot krag sal gaan en bedank almal wat betrokke was om van die aand so ‘n groot sukses te maak.