Merensky krieket maak skoonskip

Hoërskool Merensky se 1ste- en o.15 seunskrieketspanne het op Saterdag, 10 September teen die spanne van Hoërskool Frikkie Meyer te staan gekom.

Die 1ste span speel by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi en teken 179 lopies aan. Timothy Elphinstone het uitgeblink met 65 lopies en Ruurd Jacobs het 46 lopies aangeteken. Frikkie Meyer is almal uitgeboul vir 158 lopies. AJ Fourie  en Salmaan Ishani neem elkeen 4 paaltjies en Merensky wen met 22 lopies.

Die o.15 Plasiespan het tuis met Frikkie Meyer afgereken deur hulle uit te boul vir 104 lopies. Hierdie telling is al in die 25ste beurt deur die Plasies opgemaak en Merensky wen met 4 paaltjies. Die beste boulers vir die dag was Doran Kleynhans wat 5 paaltjies geneem het vir slegs 24 lopies, en Gerhardus Fourie wat 4 paaltjies vir slegs 16 lopies laat val het. Doran maak 23 lopies en Mubin Patel 21.

Die 2de seunspan het op Plasieland teen Hoërskool Eric Louw gespeel. Hulle teken 118 lopies aan, waarna Eric Louw die knie moes buig toe hulle uitgeboul is vir net 115 lopies. Armand Fourie is aangewys as beste kolwer (83 lopies) en bouler (neem 5 paaltjies).

Die Plasie dogters 1ste span het op Woensdag, 7 September amok gemaak in hulle ligawedstryd teen Hoërskool Louis Trichardt. Hulle het die veld tevrede verlaat met ‘n 9 paaltjie-oorwinning. Kathleen Horn het 50 lopies aangeteken. Hiermee is hulle deur na die Limpopo finaal wat op Saterdag, 17 September in Polokwane beslis sal word teen die span van Southern Cross.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *