Merensky-krieket seëvier

Timothy Elphinstone en Alex Jardim.

Die eerste krieketspan van Hoërskool Merensky het in ‘n ligawedstryd teen die span van Hoërskool Ben Vorster te staan gekom op Saterdag, 27 Augustus.

Merensky het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die plasies het 236 lopies aangeteken in 48 boulbeurte. Staatmaker Timothy Elphinstone is aangewys as die beste kolwer, met ‘n allemintige 104 lopies op sy kerfstok. Alex Jardim het 28 lopies aangeteken.

Ben Vorster kon met hul kolfbeurt slegs daarin slaag om 177 lopies aan te teken. Merensky se beste bouler was AJ Fourie, wat 4 paaltjies laat val het vir net 25 lopies. Alex Jardim lewer ook goeie boulwerk en neem 3 paaltjies vir 43 lopies. Merensky stap breëbors van die veld met ‘n seëvierende 59 lopies.

Die tweedespanne het op Plasieland kragte gemeet, met Ben Vorster wat as oorwinnaars uit die stryd getree het.

FOTO

Timothy Elphinstone en Alex Jardim.