
Hoërskool Merensky se landloopatlete het Saterdag, 23 Julie aan die vierde LIMA landloopliga te Mookgopong deelgeneem. Hierdie byeenkoms is deur Hoërskool Hans Strijdom aangebied.
Anri McLean en René Wiese het albei goud verower. Jenelle de Jonge het ‘n bronsmedalje huis toe geneem, en Francois Nothnagel het vierde geeïndig.
Tydens die Limpopo Landloop Kampioenskappe, wat op Sondag, 31 Julie op Hoërskool Merensky se terrein plaasgevind het, het Anri McLean en Janco Coetzee silwer medaljes ingepalm. René Wiese het weggestap met ‘n brons.