Merensky leerkragte sê totsiens

Elza van Wyk, Danie Olivier, Betsie Claasen, Willa Marais, Yvette Streicher en Chanté Pirie.

FOTO:
Elza van Wyk, Danie Olivier, Betsie Claasen, Willa Marais, Yvette Streicher en Chanté Pirie.


Hoërskool Merensky sê hierdie jaar met ‘n swaar hart totsiens aan 6 wonderlike onderwysers.

Me. Yvette Streicher (1 jaar diens), me. Chanté Pirie (2 jaar diens), mnr. Danie Olivier (4.5 jaar diens), me. Willa Marais (8 jaar diens), me. Betsie Claasen (12 jaar diens) en me. Elza van Wyk (13 jaar diens) is op Donderdag, 30 November, deur die Plasie-personeel gegroet.

Plasieland salueer hierdie vriende en wens elkeen, saam met hulle familie, ‘n geseënde toekoms toe.