Merensky lewer wêreld se beste

Agter: Dawie Theron, Rohan Wewege, Martin Mostert, Beneche Jackson en Yolandi Potgieter. Middel: Ashley Hunt, Armand Wiers, Lin-Mari Theron, Ryan Jackson, Rikus Faurie en Canell Jackson. Voor: Sean Hunt en Janco Theron.

Merensky Boogskietklub het verlede week aan die Wêreld Boogskietkampioenskap in Potchefstroom deelgeneem. 13 Plasieskuts het in hul onderskeie klasse gekompeteer tydens hierdie uithalerbyeenkoms.

Gedurende die weeklange kompetisie by die Elgro River Lodge, moes die skuts op vier verskillende bane skiet. Die uitsonderlike hitte in Potchefstroom en het daartoe gelei dat Morney Kleinhans weens dehidrasie moes onttrek. Die Plasies is egter nie deur die terugslag van stryk gebring nie en lewer ‘n allemintige twee wêreldkampioene op.

Lin-Mari Theron het 3 wêreldrekords verbeter, met Canell Jackson wat 1 wêreldrekord verbeter en 1 ewenaar. Sean Hunt ewenaar ook sy klas se wereldrekord.

Behalwe vir die goue medaljes, het Sean Hunt silwer, en Ryan Jackson en Rohan Wewege brons medaljes opgeraap. In die B-klas het Ashley Hunt en Armand Wiers silwer medaljes ontvang, met Rikus Faurie en Martin Mostert brons.

Gedurende die toernooi het Canell Jackson 4 nasionaal kwalifiserende tellings geskiet, met Lin-Mari Theron en Sean Hunt 2 elk en Armand Wiers 1.

Dawie Theron het 2 provinsiaal kwalifiserende tellings geskiet, terwyl Sean en Ashley Hunt, Armand Wiers, Rikus Faurie en Lin-Mari Theron ook elkeen hierdie prestasie behaal het.

Lin-Mari en Canell keer terug Tzaneen toe met nasionale kleure.