Merensky matrieks word vereer

Michelle Stevens en mnr. Magnus Steyn - Graad 12 Prysuitdelingsfunksie 2016

Op Maandag, 17 Oktober het die klas van 2016 en hul ouers bankvas in die Merensky skoolsaal gesit om hul laaste kerkdiens en prysuitdelingsgeleentheid by te woon.

Ds. Edmund de Beer het op gepaste wyse die Woord gebring, waarna die tradisionele kleuterskool en laerskool-afskeidsitems onder luide toejuiging aangebied was.

Michelle Stevens het haar skoolloopbaan afgesluit met twee top-toekennings: Plasie van die jaar- en Dux-leerling.

JP van den Bergh verdien ‘n trofee vir boere-ordentlikheid, terwyl Blake Linder aangewys is as die mees veelsydige sportman.

Ruan Genis word beloon vir getroue en onbaatsugtige diens en Reynard Brooks stap weg met die trofee vir toewyding en volharding. Benèche Jackson, Janco Theron en Charissa Ivy ontvang elkeen ‘n goue erepenning vir hul boogskietprestasies.

Nadat elkeen die beesklok vir oulaas gelui het, het Merensky in Union weergalm dat die dak daarvan dreun.

Reynard Brooks - Toewyding en Volharding
Reynard Brooks - Toewyding en Volharding
« 1 van 6 »