Merensky-navorsers aan die werk

Tritech logo

Die skoolrondte van die nasionale Tritech-kompetisie het op Donderdag, 19 Mei 2016 by Hoërskool Merensky plaasgevind.

‘n Rekordgetal van 90 projekte is aan beoordelaars voorgelê.Die beste 49 is gekies om Plasieland te verteenwoordig op die streeksrondte wat op 22 Julie 2016 sal plaasvind.

Uiters interessante temas is ondersoek. Teensuurmiddels, slaapfunksies en groeistimulering by Makadamia-saailinge is slegs ‘n paar van die baanbreker idees waarmee die jong wetenskaplikes vorendag gekom het.