Merensky oorheers bergfietsuitdaging

Potties MTB

Sewe bergfietsryers van Hoërskool Merensky het op 10 Oktober deelgeneem aan die Debtsafe Cansa Bergfietsuitdaging in Potgietersrus.

Armand Cronjé (o.14) verwerf goud in die mans 10km wedren. Christelle Coetzer (o.14) het ook op haar beurt eerste oor die wenstreep gejaag in die dames 10km uitdaging.

Michelle Stevens en Alex Strydom is tweede in onderskeidelik die junior meisies en seuns 35km wedren. Robert Retief, Bernice Cronjé en Sheldon Muller het ook die 35km ren voltooi.

Hoërskool Merensky spog ook tydens hierdie geleentheid met die prys vir die skool met die vier vinnigste leerlinge, naamlik Christelle Coetzer, Armand Cronjé, Michelle Stevens en Robert Retief.