Merensky-praters deur na volgende ronde

ATKV-redenaars 1e ronde in Louis Trichardt

Sestien redenaars van Hoërskool Merensky het op 12 en 13 Mei aan die eerste ronde van die jaarlikse ATKV-redenaars in Louis Trichardt deelgeneem.

In die graad 8 en 9 Afrikaans Huistaal voorbereide afdeling het Amelda Pretorius (graad 9) en Retief Fourie (graad 8) stem dikgemaak en is hulle deur na die volgende, semifinale ronde. In die onvoorbereide afdeling sal Igne Stucki, Jamie Robbertson en Suandrie Corbett in graad 9 weer in die volgende ronde optree.

In die graad 10 tot 12 Afrikaans Huistaal voorbereide afdeling het Marlu McLean (graad 12) beïndruk en Stefan Corbett (graad 10) sal weer in die onvoorbereide afdeling te hoor wees.

Die Limpopo semifinale ronde vind op Vrydag, 26 Mei by Hans Strijdom in Naboomspruit plaas.