Merensky redenaars maak stem dik

Stefan Corbett

Die semi-finale rondte van die ATKV-redenaars het op 10 Junie te Curro Heuwelkruin plaasgevind. Elf van Hoërskool Merensky se redenaars het gekwalifiseer om hieraan deel te neem.

Stefan Corbett (graad 9) slaag daarin om deur te dring na die finale rondte wat op 12 Augustus te Buffelspoort plaasvind. Hy het deelgeneem in die kategorie Afrikaans Huistaal, onvoorbereide toesprake (graad 8 tot 9).

Ander redenaars wie onder die top tien in Limpopo geplaas is, is Bianca Spies (vierde) en Marlu McLean (vyfde) in die afdeling vir voorbereide toesprake, graad 10 tot 12. Suandrie Corbett word sesde geplaas in die voorbereide toesprake-afdeling vir graad 8 tot 9. Lize-Ri Snyman verdien ‘n agtste plek in die onvoorbereide toesprake vir graad 8 tot 9.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *