Merensky-rugby se toekoms blink

Tiaan Tönsing beur vorentoe met die bal.

FOTO:
Tiaan Tönsing beur vorentoe met die bal.


Hoërskool Merensky se rugbymanne het op Saterdag, 26 Mei, in hul laaste ligawedstryd teen die spanne van Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi te staan gekom.

Alhoewel die seniorspanne swaargekry het, het die o.14-, o.15 en o.16-spanne getoon dat Plasierugby se toekoms baie goed lyk.

Die o.14A-span het 13-19 verloor, maar gaan nog koppe laat draai in die Virsekerbekerstryd. Die o.14B-span het met ‘n 40-14 wen gewys dat daar diepte in dié ouderdomsgroep lê.

Met ‘n oorwinning van 40-15, het die o.15A-seuns trots van die veld gestap. Die o.16A’s het ook nie op hul laat wag nie en die Plasies laat glimlag met ‘n 31-14 wen.

Wat lê nou voor vir die Plasiespanne? Oor die naweek van 2 Junie speel al die Afdeling 2-skole, behalwe Merensky en Ellisras, hul finale ligawedstryde. Dít sal bepaal wie in die Limpopo semi-finaal (9 Junie) en finaal (21 Julie) gaan speel. Die 3 spanne in elke ouderdomsgroep wat die beste gevaar het in Limpopo, speel in die Virsekerbeker-kompetisie wat op 28 Julie met uitspeelrondes begin.