Merensky-ruiters na SA’s

Voor: Hennerien Knox, Genevieve van der Merwe, Wandri Janse van Rensburg en Laryn Bezuidenhout. Agter: Dawie van Jaarsveld en Anri Janse van Rensburg.

Agt van Hoërskool Merensky se perderuiters is onlangs gekies om die Limpopo provinsie te verteenwoordig by die nasionale kampioenskappe. Hierdie geleentheid vind in Oktober by Misty Meadows in Bronkhorstspruit plaas.

Vir skouspring (show jumping) is Laryn Bezuidenhout in die A-span opgeneem. Vir die Western Mounted Games se A-span is Mernique Potgieter, Wandri Janse van Rensburg, Dawie van Jaarsveld, Theo van der Merwe, Hennerien Knox, Anri Janse van Rensburg en Genevieve van der Merwe gekies.

Van die 11 ruiters wat in die Western Mounted Games Limpopospan opgeneem is, is 7 Plasies – voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie.

FOTO

Voor: Hennerien Knox, Genevieve van der Merwe, Wandri Janse van Rensburg en Laryn Bezuidenhout.
Agter: Dawie van Jaarsveld en Anri Janse van Rensburg.