Merensky-ruiters presteer

Dominique Bond

FOTO:
Dominique Bond


Oor die naweek van 26 en 27 Mei, was 3 Merensky-ruiters weer in die saal.

Lia-Mari van der Westhuizen (graad 8) en Danielle Breed (graad 9) het aan die Sondela PWC-uithourit naby Bela-Bela deelgeneem. Vir Lia-Mari en haar perd, Zafa, was dit ‘n eerste kennis maak met dié 80km-uitdaging. Sy beindruk met ‘n derdeplek in die junior-kategorie, met ‘n tyd van 4 ure en 40 minute.

Danielle het in dieselfde rit deelgeneem, maar het ongelukkig na 40km onttrek.

Tydens die Reining & Western Performance Horse South Africa (RWPHSA)-kwalifiseerder te Uitzoek stalle buite Tzaneen, het Dominique Bond (graad 11) goed presteer. Sy behaal ‘n eersteplek in die Western Trail– en ‘n tweedeplek in die Western Dressage-klas.